Centurion Sakekamer

AHI Nasionaal 2012 Strategiese en Operasionele Plan
AHI Nasionaal 2012 Strategiese en Operasionele Plan

ANC Afrikaans dialoog
1. Die AHi is onlangs deur die ANC uitgenooi na ‘n beraad wat ook deur ander Afrikaanse belangegroepe bygewoon is en is verteenwoordig deur die president, dr Theuns Eloff en myself. Vind aangeheg ‘n verklaring deur die ANC wat handel oor dit en ‘n addisionele dokument waarin die AHi versoek word om die volgende inligting te verskaf:

a. Die naam van die persoon wat in die AHi as kontak sal dien vir doeleindes van genoemde inklusiwiteitsprogram;

b. ‘n Kort uiteensetting van die AHi se program en doelwitte;

c. ‘n Aanduiding by watter van die geïdentifiseerde prioriteitskwessies die AHi betrek wil word:

i. Ekonomiese bemagtiging

ii. Onderwys & opleiding

iii. Taal, kultuur & erfenis

iv. Grondhervorming

NB: Let wel dat bogenoemde versoek deur die AHi se direksie hanteer sal word.

Lede van die ANC se Uitvoerende Komitee

2. Die AHi het sy standpunte oor die beraad duidelik oor die Afrikaanse en Engelse radio, pers en televisie uitgespel. Terselftertyd het Min Richard Baloyi, Minister van Plaaslike Regering onderneem om die AHi te ontmoet. Ons is tans besig om die ontmoeting vas te maak.

3.Gaan gerus in op die volgende skakels wat verband hou met die beraad:

a. Afrikaanses ‘versigtig optimisties’ ná ANC-gesprek

b. ‘Afrikaanse groepe bekommerd’ – Phosa

4. Baie geluk aan ons kollega, Lorraine Pasha vir haar toewyding die afgelope 10 jaar. Ons vier hierdie mylpaal saam met haar.

5. Die volgende belangrike gesprekke is ook die afgelope tyd gevoer:

a. Dit behels ‘n opvolggesprek met ESKOM insake die AHi se betrokkenheid by ESKOM se Korporatiewe Verantwoordelikheid Program.

b. Ons het ook ‘n besoek van ‘n agent van UNIZO, ‘n soortgelyke organisasie soos die AHi wat in Flaandere gebaseer is, gehad. Hulle beskik oor 85000 sakelede. Die AHi het ‘n befondsingsplan aan hulle voorgelê om ons in staat te stel om die AHi as organisasie uit te bou en ons eie entrepreneursopleiding te help finansier. Dankie aan Piet Badenhorst vir die verwysing.

c. Ons het ook met Volksblad se redaktrise ontmoet insake die Vrystaat se ‘Dorp van die Jaar’-kompetisie. Gedurende die gesprek was dit duidelik dat die aard en omvang van die kompetisie ingrypend verander moet word en dat daar eerder gefokus moet word op prysenswaardige en navolgingswaardige dorpverbeteringsprojekte wat deur die inwoners in samewerking met die munisipaliteit uitgerol word. ‘n Opvolggesprek word beplan om oor die detail te besin. Dankie aan Ben Deysel, Hettiene, Wilna wat die gesprek met Annalize Doubell van Volksblad saam bygewoon het.

d. Ek het ook met dr Braam Hanekom van die NG Kerk ontmoet om oor die rol van die kerk te besin in terme van dorpsontwikkeling en ekonomiese bemagtiging. Verdere gesprekke in die verband gaan volg.

6. Ek het ook onlangs besoek aan AHi-Bloemfontein gebring. Hierdie dinamiese groep sakemanne en –vroue is goed aan die gang. Geluk aan Wilna Richter wat as hulle nuwe voorsitter aangewys is.

Die Uitvoerende Bestuur van AHi-Bloemfontein

7. Ek is tydens my besoek aan Paarl Sakekamer deur Jannie Kruger, ons streeksbemarker en Piet Badenhorst, Wes-Kaapse AHi Voorsitter ondersteun. Meer as 100 sakemanne en vroue het die dinamiese sakekamer se byeenkoms bygewoon. Een van die kwessie wat deur van die lede opgehaal is, hou verband met die finansieringsondersteuning wat banke aan kleinsakeondernemings behoort te gee en die koste daarvan. Hierdie aangeleentheid gaan ek met mnr Cas Coovadia, van die SA Bankassosiasie opneem.

Lede van die Sakekamer van Paarl saam met my en Piet Badenhorst

8. Ek was ook hierdie week bevoorreg om Natal te besoek en is deur die voorsitters by Riaan Odendaal se tuiste onthaal. Hierdie provinsie staar heelwat uitdagings in die gesig en ons het idees op die tafel neergesit om die uitdagings aan te spreek. Dankie aan Frikkie Pretorius, die provinsiale voorsitter van Natal vir al die reëlings en dryfveer wat hy aan die dag lê.

Frikke Pretorius aan die word en saam met die onderskeie sakekamersvoorsitters van Natal

9. Let wel dat AHi Nasionaal gereed staan om die volgende programme uit te rol:

a. Skole Entrepreneursprogram vir skoolhoofde: Dit word deur my persoonlik behartig en al wat van sakekamers verwag word is om die skole in hul omgewing te mobiliseer, ‘n lokaal en versnappering te voorsien. Die opleiding is gratis, maar sakekamers moet bereid wees om my reiskoste en verblyf te dek. Dit sal goed wees as ons in die toekoms so ‘n projek laat saamval met die besoeke wat ek bring aan die provinsies.

b. Opleiding aan sakekamerbesture: Dit word deur Marius Louw in samewerking met Jannie en Carinus, ons streeksbemarkers uitgerol. ‘n Gids is saamgestel en addisionele material wat verband hou met oorsig (governance), leierskap en bestuur word ook na gekyk. Hierdie opleiding is ook gratis en dit sal ook goed wees as dit kan saamval met hulle besoeke aan die onderskeie sakekamers. Ons versoek ook elke Sakekamer om ‘n omvattende databasis saam te stel van al hul lede se name en vanne,besigheidsadresse en kontakdetail van hul besighede en ook om die besigheidsektor aan te dui.

c. Entrepreneurskompetisie vir laerskole en hoërskole: Elise Coetser staan aan die stuur hiervan en u sal eersdaags meer inligting ontvang oor hoe dit uitgerol gaan word.

d. Entrepreneursopleiding vir skoolverlaters: Elise Coetser staan aan die stuur hiervan en u sal eersdaags meer inligting ontvang oor hoe dit uitgerol gaan word.

e. Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingsprogram (LED): Ons is tans ingesprek met Emil Nothanagel wat ons hiermee behulpsaam sal wees.

f. E-leermateriaal vir ons lede: Ons stel in die vooruitsig die beskikbaarstelling van internetgebasseerde kort kursusse aan ons lede. Gesprekvoering met ons bedryfsakademici word beplan om ons te help met die ontwikkeling daarvan.

g. Werkswinkels oor ‘Groen Ekonomie’: Befondsing vir die doel is van UNIZO versoek en indien dit realiser, sal ons onmiddelik daarmee wegspring. Intussen vra ons vir lede wat oor dié spesifieke kundigheid beskik om met ons kontak te maak.

10. Baie dankie aan alle sakekamers vir die hartlike ontvangs, entoesiasme en oopheid. Dit versterk ons in ons taak en gee ons die nodige dryf om u belange ten alle tye op die hart te dra en eerste te stel.

Groete

Christo Owen van der Rheede

Uitvoerende Hoof / Chief Executive Officer

Tel: (+27) 12 348 5440; Sel: (+27) 83 380 3492; Faks: (+27) 12 348 8771; Web: www.ahi.co.za

Straatnaam Veranderings in Pretoria
Hier is ‘n lys van straat name in Pretoria wat gaan verander

Stone Cradle
BUFFET DINNER EARLY BIRD SPECIAL

In @ 17h00 & out @ 19h00

TUESDAY – SATURDAY

Adults – R125,00 p/p

Pensioners – R 95,00 p/p

*Every child u/10, accompanied by an adult eats for FREE (Tuesday – Thursday)*

Our buffet boosts with over 140 dishes to choose from, we offer from Sushi, Hot & Cold starters, Fresh salad selection, Daily freshly baked bread, Pizza, Pasta, Soup of the day, Stir-fry, Carvery, Venison, Traditional South African dishes, Indian Curries, sweets to die for and much much more…

Alle deelnemers aan die ANC Afrikaans Dialoog
ANC Memorandum

ANC Afrikaans dialogue summit statement
Author : Jackson Mthembu

A successful summit was held today for the whole day at the Protea Balalaika Hotel in Sandton. It was a well attended summit with positive outcomes.

A senior NEC delegation of the African National Congress met today with leaders from a wide ranging group of Afrikaans organisations, including representatives of 19 organisations, academics, intellectuals, business, religious, cultural and other community leaders. The ANC was led by its Secretary General, Mr Gwede Mantashe, Treasurer General, Mathews Phosa, other NEC members, Ministers, Renier Schoeman and Daryl Swanepoel.

The meeting was characterised by frank, open and direct discussion, and took place in an honest and constructive atmosphere. All parties expressed their appreciation for the platform and enthusiasm to be involved in the envisaged process. The process will also be expanded to include other organisations that were not present at today’s summit.

The meeting identified a number of priority areas dear to the Afrikaans speaking community which require discussion and debate leading to consensus. This included, amongst others, the question of education and training, land reform, economic empowerment, as well as language, linguistic & cultural rights.

The Afrikaans Dialogue, organised under the auspices of the ANC programme for an inclusive South Africa, was called in order to take the discussion of nation-building, reconciliation and inclusiveness forward, which took place at the request of the NEC and in response to the progress made over the last two years in this regard. The ANC is strongly committed to building an inclusive South Africa and as such welcomes the interaction with the Afrikaans speaking and other communities.

The need was expressed, and agreement reached on certain structural arrangements that will be put in place so as ensure that ongoing attention be given the issues raised; and in order to ensure that these issues remain high on the national agenda.

A report is currently being developed on the meeting, the process and the proposed structural arrangements for tabling at the next National Executive Committee meeting of the ANC next weekend.

Jackson Mthembu

National Spokesperson

Enquiries:

Renier Schoeman 0832514045

Daryl Swanepoel 083799 6058

Keith Khoza 0828239672

AHI Jaarprogram 2012

Ekonomiese Oorsig – April 2012
Samevatting

Oorhoofs gesien, is groeikoerse en groeivooruitsigte in die VSA besig om geleidelik te verbeter, het daar meer rustigheid in die Euro-gebied ingetree maar is daar groter onsekerheid oor groeivooruitsigte in Sjina, Indiё en Japan.  Inflasiekoerse bly laag. Wisselkoerse was die afgelope maand redelik stabiel met die jen wat effens verswak en die euro wat matig versterk het. Beurspryse in die VSA, en in die Euro gebied het die afgelope kwartaal en maand verder verbeter maar in die VK swakker vertoon.

In die RSA is ekonomiese en finansiёle gegewens deur die SA Reserwebank vrygestel. Dit wil voorkom asof die inflasiekoerse vir Februarie laer geneig het maar by nadere ondersoek, blyk dit nie heeltemal so gunstig te wees nie. Daar bestaan ook groot onsekerheid of dié neiging gehandhaaf sal kan word. Die handelsrekening van die lopende rekening toon ‘n groot tekort vir die eerste twee maande van die jaar. Kapitaalmarkrentekoerse het hoёr geneig. Die algehele indeks van die JEB het in Maart verswak weens ‘n aansienlike daling in die pryse van hulpbron- en goudaandele.

Internasionale verwikkelinge

Die goeie nuus van die afgelope kwartaal is dat daar ‘n besliste verbetering in die wêreld se grootste ekonomie, die VSA, was. Meer nog, groeivooruitsigte lyk ook redelik gunstig.

In die VSA word ‘n ruim monetêre beleid gevolg met groot tekorte op die staat se rekeninge. Rentekoerse is laag en die hoof van die Reserwebank het die bykans ongelooflike verklaring ‘n paar maande uitgereik dat rentekoerse vir minstens 2012 en 2013 laag sal bly. Dit beteken maar bloot dat ‘n beleid gevolg word om binnelandse besteding te bevorder. Dit is dan presies ook wat tans waargeneem word. Verbruikers in die VSA het die afgelope sewe maande geleidelik hulle besteding verhoog. Dit het ook aanleiding gegee tot ‘n verbetering in produksie en daarmee saam indiensname. Laasgenoemde, in eie reg, dra nou weer by tot hoёr besteding. Verbruikers se vertroue is ook besig om te styg soos blyk uit The Thomson Reuters/University of Michigan se indeks van verbruikersvertroue wat in Maart tot 76,2 gestyg het. Dit is die hoogste vlak sedert Februarie 2011 en is ook ‘n verbetering op Februarie se syfer van 75,3.

‘n Barometer in die VSA wat sake vertroue aandui, het die afgelope maand weliswaar effens teruggesak tot 62,2 vanaf 64 in Februarie. ‘n Lesing bò 50 dui egter steeds op ‘n toename in sake vertroue.

In ‘n klimaat van volop en goedkoop finansiering met besteding wat styg en tot beter winste aanleiding gee, is dit nie verbasend dat aandeelpryse styg nie. Nie alleen is dit die beter sake omstandighede wat daartoe lei nie, maar ook verwagtings oor verdere verbeterings. Die S&P500 indeks van aandeelpryse het dan ook in die eerste kwartaal van die jaar met 11,9 persent verbeter volgende op ‘n styging van 11,2 persent in die laaste kwartaal van 2011.

Daar is nog nie enige tekens van ‘n onderliggende versnelling van die inflasiekoers nie. Stygende brandstof- en voedselpryse kom wel voor, maar as dit buite rekening gelaat word, bly die inflasiekoers laag. (Ek is natuurlik van mening dat slegs voedselpryse buite rekening gelaat behoort te word om die sogenaamde kerninflasiekoers te bepaal. Selfs dan egter is daar nog min tekens van versnelde inflasie.)  Gegewe egter die ruim likiditeitstoestande, bly die gevaar dat die inflasiekoers kan begin versnel. Tans is daar nog ‘n mate van onderbenutte produksiekapasiteite wat inflasie in toom hou.

In Sjina gaan dit nog goed sover dit die groeikoers betref. Die groeikoers neig egter wel effens laer as dié van verlede jaar maar ‘n verwagte groeikoers van 7,5% vir die komende jaar is glad nie sleg nie. Die probleem is egter dat sekere markdeelnemers wel ‘n hoёr groeikoers voorsien het. Daarmee saam is aannames oor stygings in die vraag na kommoditeite gemaak asook oor styging in VSA$-pryse. Daaroor bestaan daar nou onsekerheid. Dit het tot gevog dat kommoditeitsmarkte in die wêreld effens verswak het. Die Besturende Direkteur van Billiton het ook ‘n verklaring uitgereik dat die vraag na ystererts vanuit Sjina swakker neig.

In Euroland en die VK tree die laer tot negatiewe groeikoerse wat voorsien was nou na vore. Dit was egter in die markte verwag en is in pryse verdiskonteer. Wat wel van belang is, is dat daar ‘n groter mate van rustigheid oor die moontlike gevolge van groot staatsskuld in sekere lande ingetree het. Dit volg op groot hulppakette wat reeds in werking getree het en andere wat as “bystandspakette” gesien kan word. Teen die einde van Maart is ‘n bykomende $200 miljard bystandspakket deur die EU aangekondig. Volgens inligting beloop hierdie voorsorgbedrae wat vanaf die EU, die VSA en die IMF, gesamentlik, nou die som van om en by $800 miljard. As sulks bring dit meer vertroue onder beleggers en bankiers dat indien iets wel verkeerd sou loop, fondse beskibaar is om die probleem te besweer. Dit bring dus meer rustigheid in die finansiёle markte in die EU en die wêreld.

Dit is teen voorgaande internasionale agtergrond waarteen vooruitsigte vir die RSA vir die komende jaar beoordeel moet word.

Plaaslike verwikkelinge

Op die plaaslike front moet allereers ‘n voorraadopname gedoen word waar ons tans staan. Die jongste inligting verskaf deur die SA Reserwebank verg dus ‘n bespreking.

Vir die jaar 2011 is ‘n reёle groeikoers (BBP) van 3,1% behaal teenoor ‘n styging van 2,9% in 2010. As gekyk word na die verloop daarvan in die loop van 2011, jaar-op-jaar gemeet, blyk dit dat daar ‘n geleidelike verlangsaming ingetree het. In kw1:2011 is ‘n groeikoers van 3,4% behaal wat tot 2,9% in kw4 verlangsaam het. Verder blyk dit dat die groeikoers van die primêre sektore in die ekonomie in 2011 merkbaar verswak het. Inderwaarheid is in 2011 geen toename aangeteken nie teenoor ‘n styging van 4,3% in 2010. In die sekondêre sektore het die groei in 2011 sowat 2,1% beloop tenoor 4,1% in 2010. In die tersiêre sektore egter was daar ‘n versnelling waarneembaar – vanaf 2,2% in 2010 tot 3,6% in 2011. Die internasionaal mededingende sektore het  swakker gevaar as wat die gemiddelde groeikoers aandui. Dit dui daarop dat daar ‘n probleem is om internasionaal te kan meeding.

Hierdie waarneming word bevestig as gekyk word na die verloop van sake vanaf die vraagkant van die ekonomie. Reёle bruto binnelandse besteding (BBB) het in 2011 met 4,3% toegeneem met  finale vraag wat met 4,8% gestyg het. Privaat verbruiksbesteding het met 5% gestyg met besteding op duursame goedere wat 15,6% hoёr was. Owerheidsverbruiksbesteding styg met 4,5%, (4,9% in 2010),  terwyl daar ‘n welkome styging van 4,4% in bruto vaste investering voorgekom het na ‘n daling daarin van 1,6% in 2010. Die styging in finale vraag het in die loop van 2011 versnel vanaf 4,8% in kw1 tot 5,1% in kw4. Dit is dus die teenoorgestelde as wat met die BBP gebeur het.

Buitelandse vraag of reёle uitvoer, het in 2011 met 5,9% gestyg wat gegewe internasionale omstandighede nie ‘n slegte vertoning was nie.  ‘n Verswakking in die reёle effektiewe wisselkoers van die rand van 10% in die tweede helfte van 2011 het volgens sakelui ‘n bydrae hiertoe gemaak en ook hulle winste ondersteun. Die probleem is egter dat invoer steeds teen ‘n hoё tempo styg. In 2011 met 9,7% teenoor 9,6% in 2010. Toenemend word binnelandse vraag dus deur invoer bevredig. Dit is tot nadeel van plaaslike produksie. Inderwaarheid, in die tydperk 2004 tot 2011 het reёle uitvoer van goedere met 13% gestyg terwyl volume invoer met 47,5% toegeneem het.

Voorgaande verwikkelinge moet saamgelees word met die vertoning van die ruilvoet – dws pryse vir uitvoer behaal teenoor pryse vir invoer betaal. Die ruilvoet het in 2011 swakker vertoon as in 2010. Daarby het netto faktorbetalings aan die buiteland verder toegeneem. Dit het tot gevolg gehad dat die reёle bruto nasionale inkome in 2011 met 3,5% gestyg het teenoor 5,0% in 2010. In die loop van 2011 het dit selfs verlangsaam vanaf ‘n stygingskoers van 5,3% in kw1 tot 2,6% in kw4.

Die patroon wat ingetree het, is dus duidelik. Besteding styg teen ‘n redelike tempo maar vinniger as produksie. Daarenteen neig die nasionale inkome om selfs stadiger as die BBP toe te neem. Dit is ook die patroon in nominale terme. Die verdere gevolg is dat die besparingsyfer, relatief tot die BBP, ook verlangsaam terwyl vaste investering besig is om te versnel.

Voorgaande verwikkelinge het  tot gevolg dat die tekort op die lopende rekening van die betalingsbalans al hoe groter word. In 2011 het die tekort op R98,8 miljard te staan gekom teenoor die R75,0 miljard in 2010. Dit is ‘n styging van 31,8%. Die kumulatiewe tekort op die lopende rekening, volgens die jongste SARB Bulletin, vir die tydperk 2004 tot 2011 beloop R765 miljard. Ten spyte hiervan het die reёle effektiewe waarde van die wisselkoers redelik konstant gebly. (Mag ek byvoeg, ten spyte daarvan dat die basiese saldo ook groot tekorte getoon het.) Die antwoord word gevind in die netto verkope van finansiёle bates aan buitelanders. In die tydperk 2004 tot 2011 het dit sowat R391 miljard beloop en kan dit selfs so hoog as R600 miljard gestel word as die verkoop van aandele van ABSA en ander instellings bygetel sou word. In kort kom dit daarop neer dat die land se inwoners bo hulle vermoё leef maar die gevolge daarvan nie ervaar nie omdat bates verkoop word en die opbrengs so verkry die wanbalanse finansier.

Nodeloos om daarop te wys dat dié proses nie onbepaald kan voortgaan nie. Daar is nou maar eenmaal “geen gratis ete nie”, soos wat prof Milton Friedman dit gestel het. Dit gaan noodwendig ‘n drastiese aanpassing vereis wat die land se beleidmakers pro-aktief kan inisieer en bestuur, of dit gaan op die land afgedwing word. Dit kan gebeur omdat die land se internasionale kredietwaardigheid in gedrang gaan kom met ‘n  verswakking van die wisselkoers van die rand. In so ‘n geval het die beleidmakers van die land geen beheer meer oor die verloop van sake nie. Immers, die lopende rekening tekort neig groter weens ‘n handelsrekening wat groter tekorte aanteken maar ook groter tekorte op die dienste-, inkome- en oordragrekening. Byvoorbeeld, weens die verkoop van finansiёle bates beloop die netto betaling van diwidende en rente aan buitelanders in die tydperk 2004 tot 2011 reeds R384 miljard. Anders gestel: in 2004 het dit R25,3 miljard bedra wat tot R64,9 miljard in 2011 aangegroei het  – ‘n toename van 166%. In die geval van diwidende alleen beloop die styging 200%.

Die inflasiekoers (VPI) vir die land as geheel vir Ferbruarie is 6,3% teenoor die 6,4% van Januarie. Die stygingstempo van voedselpryse het verlangsaam vanaf 10,2% in Januarie tot 9,6%. As voedselpryse buite rekening gelaat word, bereken ek die kerninflasiekoers op 5,5% teenoor Januarie se 5,4% – dus ‘n effense versnelling. Verder word die syfer gemeet op ‘n basis syfer wat in die vorige jaar gestyg het, wat beteken dat die maand-tot-maand stygings nie aan die verlangsaam is nie. Inderwaarheid, die maand toename, weliswaar nie aangepas vir seisoensinvloede nie, het met 0,5% gestyg.

Wat die PPI betref, toon die amptelike syfer soos gepubliseer, ‘n verlangsaming in die koerstoename vanaf 8,9% in Januarie tot 8,3% in Februarie. Hierdie syfer sluit uitvoerpryse in en invoerpryse uit. Dit is dus nie verteenwoordigend van inflasiedruk wat in die binnelandse ekonomie ervaar word nie. Sou hierdie “regstelling” gedoen word, vind ek ‘n styging vir Februarie van 10,2% teenoor 10,8% vir Januarie. Hierdie verlangsaming is weer eens toe te skryf aan die basis syfer wat in 2011 versnel het.

Die kontantsaldo van die staat toon ‘n toename van R24,3 miljard vir die maand van Februarie wat beteken dat geld uit die mark onttrek is. Verder was daar ‘n daling in netto buitelandse bates ten bedrae van R33,8 miljard. Hierdie twee verwikkelinge het tot gevolg gehad dat die verandering in M3 geldvoorraad ‘n afname van R14,6 miljard getoon het. Dit is egter eenmalige spesiale faktore wat selde voorkom. Wat van meer belang is, is die feit dat kredietverlening aan die privaatsektor, vir die maand met R33,4 miljard gestyg het. Die gevolg hiervan was dat jaar-op-jaar gesien, verlening van krediet aan die privaat sektor, in Februarie 7,92% hoёr as ‘n jaar tevore was. Dit versnel die afgelope paar maande geleidelik. In November 2011 was die stygingskoers 6,22%. Hierdie versnelling in krediet aan die privaatsektor word egter sterker beklemtoon indien die maand-tot-maand styging, seisoenaal aangepas en teen ‘n jaarkoers bereken, beskou word. So gesien, was die styging in Desember verlede jaar 8,1% wat tot 15,4% in Januarie en 16,7% in Februarie versnel het. Voeg hierby die feit dat die omloopsnelheid van geld die afgelope jaar met ongeveer 3% toegeneem het en dit is duidelik dat die skerp styging in veral duursame verbruiksbesteding, waarna reeds verwys is, toenemend met bankkrediet gefinansier word.

Nog ‘n belangrike saak waarop klem gelê moet word, is die feit dat die onaangepaste handelsbalans vir die eerste twee maande van die jaar ‘n groot tekort toon. Dié tekort  beloop R21 miljard teenoor ‘n tekort van R5,5 miljard in 2011. Uitvoer in nominale terme vir die eerste twee maande van die jaar toon ‘n styging van 14,0% terwyl die waarde van invoer met  28,4% toegeneem het. Sou hierdie toenames toegepas word op die aangesuiwerde syfers van die eerste kwartaal van 2011, moet ‘n tekort op die handelsrekening van R50 miljard vir kw1 te wagte wees teenoor die surplus van R40,5 miljard ‘n jaar tevore. Sou verder die tekort op die dienste- en inkome rekening van verlede jaar met 10% verhoog word, lyk dit of die lopende rekening tekort vir kw1:2012, seisoenaal aangepas en teen ‘n jaarkoers uitgedruk, in die orde van R175 miljard kan beloop teenoor die R75 miljard tekort van ‘n jaar tevore.

Sover dit die finansiёle markte betref, het kapitaalmarkrentekoerse die afgelope maand effens verder gestyg. Die styging vir die R157 staatseffek die afgelope twee maande, beloop 0,37 persent en die van die R186, 0,30 persent. Die indeks van totale aandele op die JEB het in Maart met 2,8% gedaal, gelei deur ‘n daling van 9% deur die hulpbronne indeks. Die finansiёle indeks het egter met 0,8% verbeter terwyl die nywerheidsindeks 3,4% sterker was. Vir die eerste kwartaal van 2012 toon die algehele indeks ‘n styging van 4,9%, met die hulpbronne indeks wat 4,4% laer is, die finansiёle indeks wat met 11,2% gestyg het en die nywerheidsindeks wat ‘n verbetering van 17,2% toon. Laasgenoemde se prys/verdienste verhouding staan tans op 16,16 teenoor die kommoditeitsindeks se 8,59 en die algehele beurs se 12,67.

Die vraag is nou: wat kan ons vir die res van 2012 verwag?

By die hantering van dié vraag moet die tendense soos geskets in gedagte gehou word. Dit beteken dat die kernprobleem vir 2012 die groter wordende tekort op die lopende rekening van die betalingsbalans gaan wees. Tot onlangs toe het ons die gevolge daarvan “ontsnap” deurdat buitelanders ons finansiёle bates aangekoop en die tekort sodoende gefinansier het. Dit het egter nie die onderliggende wanbalanse wat ontstaan het, besweer nie maar het dit vererger. Nou wil dit begin voorkom asof buitelanders, om verskeie redes, nie meer so geneё is om veral in plaaslike aandele te belê nie. In die eerste twee maande van die jaar was daar netto verkope van aandele deur buitelanders ten bedrae van R7,9 miljard. Netto aankope van effekte van R11,4 miljard het egter nog voorgekom. Die netto invloei van kapitaal, uit dié bron, van R3,5 miljard, begin nou ver tekort skiet by wat nodig is om die lopende rekening tekort te finansier. Dit voorspel ‘n swakker wisselkoers of sal ek liewer sê ‘n meer realistiese wisselkoers.

Een belangrike gevolg hiervan is dat invoere duurder gaan word. Dus kan dit die inflasiekoers laat styg. Dan moet die skerp stygings in die petrolprys en elektrisiteitstariewe, asook die skerp versnelling in bankkrediet aan die privaatsektor, en tolhekgelde wat nuut bykom, hiermee saamgesien word. Gelukkig is daar tans heelwat onderbenutte produksiekapasiteite beskikbaar. Vir tyd en wyl sal dit inflasiedruk kan absorber maar nie onbeperk nie.

Soos sake staan, moet ‘n redelik beskeie groeikoers vir 2012 verwag word. Ek kan kwalik sien dat die groeikoers meer as 2,5% kan wees. Die realiteit is dat die tempo van reёle privaat verbruiksbesteding, weens veral hoёr inflasie, waarskynlik nie gehandhaaf sal kan word nie. Daarby sal reёle owerheidsverbruiksbesteding waarskynlik ook stadiger toeneem op voorwaarde dat die Minister van Finansies by sy begroting kan bly veral vir sover dit salarisverhogings aangaan. Hopelik sal vaste investering verder kan versnel – veral om die verouderde en swak infrastruktuur opgeknap te kan kry. Die “gewig” van vaste investering in die nasionale rekeninge is egter klein. Dit alles beteken dat binnelandse besteding waarskynlik teen ‘n stadiger tempo as in 2011 sal toeneem. Ek voorsien vanjaar nog nie ‘n versnelling in uitvoervolumes nie – dit kan wel in 2013 na vore tree mits die wisselkoers aanpas. Invoer sal steeds ‘n groter deel van besteding bevredig en ook hier kan daar eers in 2013 ‘n kentering intree. Dit moet egter besef word dat produktiwiteitsverbeterings sal moet toeneem om enige opswaai tot bevredigende hoёr vlakke te kan voer en dit te kan handhaaf.

A J Jacobs

2012-04-02

AHI Nuus
Vir aandag: AHi – Direksie / Kantoorpersoneel / Provinsiale Voorsitters / Voorsittersforumsameroepers / Streekbemarkers / Belanghebbendes

Hiermee inligting van belang:

Namens die AHi-direksie geluk aan ons Visie-president Ben Deysel wat deur die Vrystaatse premier gekies is om op sy advieskomitee te dien. Sterkte met die taak voorhande.

Ek is onlangs uitgenooi na die Kirkwood Sakekamer se jaarvergadering. Besigheidslui, gemeenskapsleiers en munisipale amptenare van die dorp het dit bygewoon. Die werksaamhede en ywer van hul voorsitter, Flippie Ehlers is prysenswaardig. Onder sy leiding is die waterwerke van die dorp reggeruk en is die sakekamer aan die woel om die munisipale amptenary tot verantwoording te roep. Dis ook spekboomwêreld, een van die mees effektiewe plante om koolsuurgas uit die atmosfeer te haal en te stoor. Vir navrae oor hul aksies en spekbome maak kontak met Flippie by dagbreek@kirkwood.co.za.

Saam met Flippie Ehlers, lede van die Sakekamer en ander belanghebbendes

Baie geluk aan Donovan Richmond (donovan@nocciupt.co.za)  wat as die nuwe uitvoerende Hoof van NOCCI (Noord-Kaapse Sakekamer) verkies is. Esmaralda Barnes, UH van die plaaslike lughawe is die voorsitter. Ek het die Sakekamer se jaarvergadering voor die paasnaweek bygewoon. Hul planne en die energie wat dit onderlê lei inderdaad ‘n opwindende tydvak vir die Noord-Kaap in.

Saam met Donovan Richmond, Esmaralda Barnes en die speaker van die plaaslike munisipaliteit, Thomas Basson

Die AHi het ook sy teenwoordigheid tydens die afgelope KKNK laat geld. Dit was ‘n geleentheid om die AHi te bemark en met die Oudtshoorn Sakekamer te ontmoet. Beide die president, visi-president en UH was teenwoordig. Ons kon ook kort gesprekke voer met regeringsministers en senior korporatiewe lui.

Ek was ook onlangs ‘n gasspreker by die US Skool vir Publieke Leierskap tydens hulle jaarlikse Internasionale Konferensie wat deur ‘n groot getal senior internasionale akademici en professionele publieke sektor leiers bygewoon is. Die regering se strewe na volhoubare ekonomiese groei en werkskepping aan die eenkant en die impak van ongunstige sakebeleid, was die tema van my bydrae.

Die AHi het ook ‘n terugvoersessie oor die “Mexiko G20 Summit” te NEDLAC bygewoon. Lees volledige verslag by Cannes Summit Final Declaration.

‘n Gesprek tussen die Suid-Afrikaanse Duitse Kamer van Koophandel het ook plaasgevind. Hulle is veral aktief in die opleiding van middelvlakbestuurders en het hul eie geakkrediteerde opleidingsinstansie. Verdere gesprekke word beoog met die oog op samewerking.

Ek was ook gister die gasspreker by die VanderBijlPark se Sakekamer se byeenkoms. Hierdie Sakekamer kook behoorlik. Hulle het die akademiese instellings in die omgewing betrek en het ook sitting op die munisipaliteit se onderhoudsvoeringkomitee verantwoordelik vir senior aanstellings. Skakel gerus vir Klippies Kritzinger by klippies@tharochem.co.za om meer te leer van hul aktiwiteite, die skakeling tussen hulle enNWU se VaalDriehoekKampus en die plaaslike munisipaliteit.

Saam met Klippies Kritzinger, voorsitter van Van der Bijlpark en Salim Kader, Kommersiële Bestuurder van FNB

AHi-Nasionaal het ook gisteraand gasheer gespeel vir Axon Automotive, ‘n Britse maatskappy wat spesialiseer in ultra-ligte voertuie. Vir meer inligting sien Axon Automotive. Onder die gaste was Marius van Boven en Kevin Lindsey van Axon Automotive, Lydia El Afi van die Nederlandse Ambassade, Cecil Morgan van die Nasionale Tesourier, lede van die Eersterust Sakekamer en lede van die AHi. Dis ons strewe om in die toekoms sulke gesprekke by ons hoofkantoor te fasiliteer en dit benut om die AHi aan ‘n wyer gehoor bekend te stel.

Gaste luister aandagtig na Axon Automotive se ingenieurs se voorlegging

Die AHi was ook heelwat in die nuus in die laaste tyd. Sien artikels by -
Politiek nie net vir politici, sê sakelui;
AHI steun volhoubare welvaart;
Strive for equality, not uniformity.
Daar was ook onderhoude op ETV, RSG, Radio Rippel en Pretoria.

AHi Direksievergadering vind komende Dinsdag 17 April om 9h00 by die AHi se nasionale kantoor plaas. Die AHi se strategiese plan sal voorgelê word vir goedkeuring en dan aan al ons lede beskikbaar gestel word.

Marius Louw, Jannie Kruger en Corinus du Toit is tans besig om ‘n omvattende sakekamerstrategie te ontwikkel. Sien hiernaas ‘n kaart van SA waarop hulle die bestaande sakekamers in rooi aandui en die dorpe waar hulle van plan is om sakekamers te vestig in goud.

Centurion Sakekamer het ook ‘n uitstekende jeugentrepreneursprojek vir Graad 10 tot 11 leerders geloods. Kontak vir Gerhard by gerhard@voxfire.co.za om meer inligting.

Groete

Christo Owen van der Rheede

Uitvoerende Hoof  / Chief Executive Officer

Tel:  (+27) 12 348 5440; Sel:  (+27) 83 380 3492; Faks:  (+27) 12 348 8771; Web:  www.ahi.co.za

AHI-Nasionaal 2012 – Strategiese en Operasionele Plan
VISIE

Die Afrikaanse Handelsinstituut is ‘n lede-organisasie wat op velerlei terreine vir hulself, vir aandeelhouers en die land welvaart skep. Dit is dus in kort ‘n organisasie van welvaartskeppers wat haar aksies in ooreenstemming met ‘n bepaalde visie belyn. Dit lui soos volg:

– Saam skep ons volhoubare welvaart

In die ontleding van die visie kom ons tot die volgende gevolgtrekking:

– Die woord ‘Saam’ beteken dat die AHI as lede-organisasie nie in isolasie bestaan nie, maar binne ‘n bepaalde omgewing funksioneer. In opvolg hiervan vra ons dus:

Watter bydrae lewer die AHI en sy lede om die omgewing waarin ons funksioneer positief te beïnvloed om gunstige sake-omstandighede te verseker?

– Die woord ‘skep’ beteken dat die AHI as lede-organisasie en sy lede entrepreneuries ingestel is en alle aksies wat hiermee verband hou, word gekenmerk deur ondernemingsgees, selfstandigheid, selfonderhoudendheid, innoverendheid en toekomsgerigtheid. In opvolg hiervan vra ons dus:

Wat doen die AHI om sy lede te kapasiteer, probleme op te los en geleenthede vir sy lede te ontsluit?

– Die woord ‘ons’ beteken dat die AHI as lede-organisasie as ‘n eenheid funksioneer en die belange van die organisasie en sy lede, die breë plaaslike en internasionale sakewêreld deur netwerking en prestasie-erkenning te bevorder. In opvolg hiervan vra ons dus:

Wat doen die AHI om die interne en eksterne netwerking te bevorder, sterk vennootskappe te vestig en sukses te bekroon?

– Die woord ‘volhoubare welvaart’ beteken dat die AHI as lede-organisasie suksesvol wil voortbestaan tot voordeel van hulself, ons land en ons vasteland. Onderliggend aan volhoubare welvaart is egter gunstige makro-ekonomiese beleid. In opvolg hiervan vra ons dus:

Wat doen die AHI om by te dra tot die uitbou van ‘n instaatstellende omgewing waarin sakebedrywighede optimaal kan funksioneer?

MISSIE

Na aanleiding van die voorafgaande ontleding van die Visie en die vrae wat gestel is, antwoord die Missie soos volg op die vrae soos uit die visie geformuleer:

Watter bydrae lewer die AHI en sy lede om die omgewing waarin ons funksioneer positief te beïnvloed om gunstige sake-omstandighede te verseker?

– Die  AHi inisiëer sosio-ekonomiese bemagtigingsprojekte op eie inisiatief óf in samewerking met vennote ten einde die omgewing waarin dit funksioneer positief te beïnvloed.

Wat doen die AHI om sy lede te kapasiteer, probleme op te los en geleenthede vir sy lede te ontsluit?

– Die  AHi lewer kundige en oplossingsgedrewe sakedienste aan sy lede en kapasiteer hulle om die uitdagings suksesvol in ‘n snelveranderende omgewing te hanteer, om sakegeleenthede identifiseer en te ontwikkel.

Wat doen die AHI om die interne en eksterne netwerking te bevorder, sterk vennootskappe te vestig en sukses te bekroon?

– Die  AHi fasiliteer geleenthede vir die vestiging van sakekamers, bevorder netwerking tussen lede en ander rolspelers  op plaaslike, provinsiale, nasionale en internasionale vlak en gee erkenning aan diegene wat buitengewoon presteer.

Wat doen die AHI om by te dra tot die uitbou van ‘n instaatstellende omgewing waarin sakebedrywighede optimaal kan funksioneer?

– Die  AHi speel ‘n konstruktiewe en kritiese rol op regerings- en besigheidsvlak deur ekonomiese beleidsontwikkelingsprosesse positief te beïnvloed en die ontwikkeling van gunstige makro-ekonomiese beleid te verseker.

WAARDES

In navolging van die Visie en in die uitvoering van sy Missie is die AHi verbind tot die volgende waardes:

– Patriotisme – om ekonomiese geleenthede te ontsluit wat die land en sy mense tot voordeel strek.

– Diensingesteldheid en Ontwikkelingsgerigtheid – om sakelui en die gemeenskappe waarin hulle sake doen te bemagtig tot hoër vlakke van selfstandigheid, selfonderhoudend en ondernemendheid.

– Regverdigheid en Geregtigheid – om ‘n konstruktiewe rol te speel in die vestiging van ‘n regverdige ekonomiese bestel en om sosiale kohesie te bevorder.

– Verantwoordbaarheid – om etiese en korrupsievrye besigheidspraktyke te help verseker.

– Toekomsgerigtheid – om voorspraak te maak vir makro-ekonomiese beleide wat entrepreneurskap, ekonomiese groei en die bewaring van die natuur vooropstel.

– Mededingendheid – om lede te kapasiteer om ongeag uitdagende en kompeterende onstandighede in ‘n globale handelsomgewing suksesvol te bly voortbestaan.

– Inklusiwiteit – om sakelui in alle gemeenskappe wat met die AHi se etos en taaldiversiteit assosieer te betrek en tot diens te wees vir Suid-Afrika en al sy mense.